TAR werk nou saam met SAPD en verkeersafdeling

THABAZIMBI – Die Thabazimbi Animal Rescue organisasie in noue samewerking met die SAPD en Verkeersafdeling, versoek alle honde-eienaars om hul honde in die erwe te hou.

Die Dierebeskermingswet (No 71 van 1962), stipuleer dat dit ‘n misdryf is om diere te verwaarloos, vertoorn of vermink, om diere in ‘n vuil of parasitiese toestand aan te hou, om nie veearts hulp aan te bied of verkry indien nodig, om ‘n dier nie uit te sit as dit onnodig ly, om enige dier op te sluit of te kniehalter wat lyding veroorsaak of in toestande hou sonder die nodige beskutting, lig of ventilasie of aan oormatige hitte, koue, son, reën en stof blootstel of sonder die nodige voorsiening van voedsel of water, om ‘n dier uit te lok, te terg of aan te hits om ‘n ander aan te val of om ‘n dier aan te hou met die doel om te baklei.

TAR probeer dat die eienaars bogenoemde wet moet verstaan en hoop om die bestaande wet af te dwing en om meer en verbeterde wette in plek te kry.

Skakel vir Tania by TAR by 084 885 6487 vir verdere inligting oor hierdie gemeenskapsorganisasie.