
THABAZIMBI – Die Bid Buddies, ‘n afdeling van die AGS kerk se Jeug, het verlede Saterdag, 11 September ‘n Trolley-Run in die strate van Thabazimbi gehou ter invordering van blikkieskos vir behoeftiges.
Volgens Hilda van Niekerk, organiseerder van hierdie projek het die bid buddies, oftewel “engele” soos sy hul noem, 240 blikkies en R664 ingesamel.
Vir navrae in hierdie verband of om hulp aan te bied, kan Hilda geskakel word by 073 262 0981.

