HFM Luggeweerskuts presteer

Hierdie skuts het Provinsiale Kleure ontvang en sal aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in die September vakansie deelneem: Voor vlnr: Naas du Plessis en Riëtte Steenekamp. Tweede ry vlnr: Regan Herholdt en Hendrik du Plessis. Agter vlnr: Gerhard Benade, Renaldo Nortje en JM Erasmus.

THABAZIMBI – Ses van HFM se skuts het deelgeneem aan die Limpopo Kampioenskappe wat op 14 Augustus plaasgevind het.

Frikkie Meyer se skuts het hulle naam hoog gehou met die volgende uitslae:  Senior Sporter: Gerhard Benade met 776 punte uit 1000 ‘n algehele vyfdeplek en ‘n eersteplek in die lê posisie, Junior Sporter uit 14 skuts: Riëtte Steenekamp 841 punte uit 1000, eersteplek vir 10m Olimpiese en algehele eersteplek, tweedeplek in die 3P(drie posisie), derdeplek in die 3P staan en ‘n tweedeplek in die 3P lê posisie. J M Erasmus skiet 829 uit 1000, behaal algehele tweedeplek, ‘n eersteplek vir 3P en 3P lê, en ‘n derdeplek 3P kniel. Naas du Plessis skiet 820 punte uit 1000 en behaal ‘n algehele derdeplek, derdeplek in die 10m Olimpiese en derdeplek in die 3P kniel. Hendrik du Plessis skiet 817 punte uit 1000 en eindig algeheel vierde met ‘n derdeplek in die P3 en ‘n tweedeplek in die 3P lê. Regan Herholdt skiet 817 punte uit 1000 met ook ‘n algehele vierdeplek en tweedeplek in die 10m Olimpiese afdeling.