Laat jou troeteldier hierdie September trots tande wys

Dit is nie net mense wat na hul mondgesondheid moet omsien nie. Volgens die Amerikaanse Veterinêre Tandheelkundevereniging sukkel agt uit tien honde en katte met mondsiektes teen die tyd dat hulle vier jaar oud is. Dit is ook die toestand wat die meeste deur veeartse gediagnoseer word. September is Hill’s Tandgesondheidsmaand vir Troeteldiere en tyd om te onthou dat diere ook mondversorging nodig het.

Mondsiekte word deur ’n opbou van bakterieë en afvalstowwe, genaamd plaak, op die tande veroorsaak. As dit nie verwyder word nie, mineraliseer die plaak tot tandsteen wat irritasie van die tandvleis en die verdere opbou van plaak veroorsaak. Simptome sluit verkleurde tande, slegte asem, seer en bloeiende tandvleise, pyn, tandbederf en/of tandverlies in. Erger nog, die bakterieë en toksiene in die geïnfekteerde mond kan in die bloedstroom beland en noodsaaklike organe aantas. Dit kan ernstige siektes, soos hart- en niersiektes, veroorsaak.

Hoewel die borsel van tande aanbeveel word as die doeltreffendste manier om mondsiekte te voorkom, is dit nie altyd maklik nie. ’n Kos wat die tande skoonmaak terwyl die dier eet, is ’n meer gerieflike opsie. Wees op die uitkyk vir kosse wat die Amerikaanse Veterinêre Mondgesondheidsraad se seël van goedkeuring dra, soos Hill’s Science Plan Oral Care en Hill’s Prescription Diet® t/d. Hierdie kosse, wat geskik is vir daaglikse voeding op die lang termyn, bevat ’n spesiale veselmatriks wat soos ’n eetbare tandeborsel werk en die dier se tande skrop terwyl hy eet.

Praat met jou veearts vir kundige advies oor hoe om die beste vir jou troeteldier se mondgesondheid te sorg.

WEN met jou troeteldier se glimlag!

Wys ons hierdie September jou troeteldier se glimlag en ons sal dit aan die wêreld wys. Stuur voor 30 September foto’s van jou troeteldier per epos aan hillsfanpage@hillspet.co.za met Smile in die onderwerplyn en ons sal dit op Hill’s se Facebook-bladsy laai. Die tien beste glimlagte sal elk ’n sak Hill’s Science Plan Oral Care wen.