Jagters se besteding neem toe ten spyte van resessie

Die jongste resultate van die derde nasionale opname wat deur die Instituut vir Toerisme en Vryetydstudies by die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) uitgevoer is rakende die profiel en besteding van biltongjagters in Suid-Afrika is deur prof Peet van der Merwe en prof Melville Saayman vrygestel.  Die 2009-resultate het getoon dat die profiel van biltongjagters sedert die eerste opname in 2005 dieselfde gebly het, naamlik dat die meeste jagters Afrikaanssprekend, manlik, tussen die ouderdomme 31 en 50 jaar, getroud, en in Gauteng woonagtig is, met Limpopo as die verkose jagbestemming.

Resultate dui interessante veranderinge in die profiel van die jagters aan, naamlik dat die hoeveelheid vroulike jagters het van 1% in 2007 na 9% in 2009 toegeneem het. Verder het die hoeveelheid geld wat jagters bestee, het ook toegeneem. Die gemiddelde besteding per jagters op wild wat gejag is vir die 2009-seisoen was R11 471.56 per persoon en die gemiddelde uitgawes (voedsel, vervoer en verblyf) was R13 631.34. Die totale besteding per jagter vir die 2009-seisoen was dus R25 102.90. Dit is ? toename van 13.8% vergeleke met die 2007-resultate. Dit het plaasgevind ten spyte van die resessie asook die debat oor die kwessie van vuurwapenlisensiëring. Die meeste jagters het ook aangedui dat hulle tevrede was wat betref die vuurwapenregistrasieproses.