THABAZIMBI – HFM se gholfspelers het verlede Vrydag 27 Augustus reeds om 04:00 vertrek na Legends Gholf Estate.
Met die aankoms het die wind reeds baie sterk gewaai en dit het veroorsaak dat die spelers swakker sou speel as wat verwag was. Mnr. van den Berg het die hoof goed verteenwoordig en algeheel tweede geëindig van die onderwysers, terwyl Mnr. Visser vierde geëindig het. Die leerlinge het almal die wind van voor gekry en Christof Penzhorne het die wind die beste gelees en met ‘n telling van 84 houe die beste van HFM gevaar. Jacques Payne eindig met 96 houe, Reon Kemp met 93 houe en Reinhard Luus met 103 houe. Die A-span eindig vierde, die B-span speel op ‘n punte basis en eindig vyfde met 82 punte terwyl die C-span, wat ‘n klomp jongelinge insluit, 63 punte aanteken en algeheel vyfde eindig. Volgens die afrigters was dit goeie ondervinding vir die jong spelers.
