Langs hierdie weg wil ek graag dankie sê: Dankie aan die Presidente Voorsitster: Pam Botha en al die lede van die VLU. Dankie dat julle my gekies het as die Vrou van die Jaar 2010. Baie dankie vir ‘n wonderlike dag op 12 Augustus 2010. Baie geluk aan al die dames met ‘n puik uitstalling van al julle handewerk. Dankie ook vir heerlike verversings: Soos net julle dit kan doen. Baie dankie vir al die gaste wat daar was. Dankie vir ‘n puik program, veral die sangitems van Jessy Lang. Dankie aan Paul Dreyer wat gesorg het vir die klank. Baie dankie aan dr. Leon Fouché vir sy huldeblyk. Jy is enig. Sterkte met jou navorsing. Ek wil hulde bring aan al die mense wat oor al die jare saam met my die pad geloop het. ‘n Pad van hulpverlening, ondersteuning, empatie met hulle wat in nood is. Hulle wat minder het as ons. Dankie vir skenkings, in enige vorm.
Finansiële ondersteuning aan ons bejaardes by Tambotie, Immergroen en Bosveld Oord. Ek is seker daar is nie nog so ‘n wonderlike gemeenskap nie. Wat sou ek gedoen het sonder julle hulp? Ek wil afsluit met die woorde van Fanus Rautenbach: “Op die ou end lê die tevredenheid in die wete dat ek die stuk werk wat ek gedoen het, goed gedoen het.” Bowe alles: Dankie aan my Skepper, wat dit alles moontlik gemaak het.
Groete,
Marie Steenekamp
