Groot vermaak by Sweethome Mountain Lodge

Pieter Smith was die kunstenaar by die funksie wat ten bate van Celia Schoeman aangebied is. Voor: Celia Schoeman. Agter vlnr: Kruger Robbertse (eienaar van Sweethome Moun tain Lodge), Pieter Smith, Gert Schoeman en An toi nette Robbertse.

THABAZIMBI – Ongeveer ‘n honderd gaste het Pieter Smith se vertoning op Vrydagaand 27 Augustus by Sweethome Mountain Lodge bygewoon.

Die funksie is gehou ten bate van Celia Schoeman wat tydens ‘n motorongeluk vroeër vanjaar een van haar ledemate verloor het, ’n bedrag van R2200 is aan haar oorhandig.

Volgens die organiseerders was die funksie ‘n reuse sukses en bedank graag almal wat die aand saam geniet het.

Pieter Smith se vertonings is vol energie en aksie. Die hoogtepunte tydens sy optredes is sy kitaar solostukke waarmee hy die gehoor trakteer en telkemale met nuwe tegnieke verras, vervolmaakte kitaartegniek in die beste vorm denkbaar. Soos gewoonlik het Pieter sy gehoor op die voete gehad en almal het tot laatnag heerlik saam met hom gekuier.

Sweethome Mountain Lodge is geskik vir troues, konferensies, eindjaarfunksies en enige ander funksie. Besoek hul webtuiste by www.sweethome.co.za.