Wippie en Snippie kleuterskool vier Lentedag

Die mees kreatiefste uitrusting vir die dag was die van die jonge TJ wat as die gewilde Jack Sparrow geklee was.

THABAZIMBI – Met die aanbreek van Lente op Woensdag 1 September het Wippie en Snippie kleuterskool se kindertjies in ‘n opgewonde luim soos Seerowers en Feetjies aangetrek. Die ouers het baie moeite gedoen om hul kroos volgens die tema aan te trek en hul goed van hul taak gekwyt.