General

Northam VLU maak hul eie kuns

SWARTKLIP- Die dames van die VLU Northam, het op Donderdag 19 Augustus 2010, aan huis van Cilea Goosen vergader. Na afloop van die huishoudelike sake, het die dames heerlik gekuier met koek en tee. Daarna het elkeen ‘n blok, spieëltjies, teëls en gom gekry om mosaiek spieëls te maak. Dit was heerlike pret, en onder groot gelag het die oulikste ontwerpe opgeduik. Northam VLU wil ook vir Elize van der Westhuizen van Maroelasfontein hartlik verwelkom as nuwe lid. Northam VLU se volgende vergadering sal (DV) plaasvind op 16 September te Swartklip. Vir meer inligting, of om ‘n vergadering by te woon, skakel Mari Meintjes 014 786 0304 of 082 086 4915.