General

Thabazimbi KunsteEisteddfod

THABAZIMBI – Kultuurdinge vier hoogty by Laerskool Thabazimbi met die Thabazimbi Eisteddfod wat vanaf Dinsdag, 10 Augustus daar aangebied word.

Ander skole wat ook hier kom deelneem is Laerskool VanWykskraal, Laerskool Dwaalboom en  Laerskool Bosveld.  In die Hoërskole Afdelings is dit Hoërskole Frikkie Meyer, Nylstroom, Warmbad en Ellisras.  Daar word uitgesien na ‘n baie suksesvolle Eisteddfod en dat dit vir die kinders ‘n verrykende ervaring sal wees.

Die program vir beoordeling is as volg:

  • Dinsdag, 10 Augustus – Musiek Vokaal, ook Sangkore en Revue.
  • Woensdag, 11 Augustus – Musiek Instrumentaal, ook albei Musiekafdelings vir Hoërskole.
  • Donderdag, 12 Augustus -Drama, ook Groepe. Aand 19:00 Hoërskole Toneel.
  • Vrydag, 13 Augustus – Redenaars, Bladlees en Hoërskool Drama en Groepe.
  • Saterdag, 14 Augustus – Kuns.

Die Kunste-Konsert vind op 17, 18 en 19 Augustus plaas.  Kaartjies is by die skool beskikbaar teen slegs R20 per persoon.