Georganiseerde Landbou wil grondeienaars ernstig maan teen die gebruik van apparate soos voorafgestelde pypgewere om hulle produkte en ander bates te beskerm, aangesien hierdie instrumente per abuis afgesit mag word deur Eskom-personeel in die uitvoering van hulle pligte op private grond.
Daar word nou ernstig gewerk deur Eskom en Georganiseerde Landbou om die dokumente rakende die protokol vir toegang tot plase af te handel. Ons het die onderneming dat Eskom die aangeleentheid as dringend beskou en so gou moontlik wil finaliseer.
Eskom het van sy kant onderneem om die ooreenkoms met Georganiseerde Landbou rakende ordelike toegang tot landelike eiendom gestand te doen deur effektiewe vooraf-kommunikasie met grondeienaars.
