
THABAZIMBI – Hele aantal vermaaklikheid persoonlikhede het gesorg dat nie net die boer nie, maar ook die dorpenaar die pas afgelope Landbou- en Nywerheidskou kon waardeer.
Die sterbelaaide naweek het op Donderdagaand afgeskop met Eclips se duo, Lizelle le Roux en Emrie de Wit wat met hul vernuftige strykertegniek hul vars akoestiese klanke vanaf die verhoog gebring het, net na die beoordeling van Mej. Thabazimbi. Fredi Nest, die bekroonde sanger en liedjieskrywer het die duo opgevolg. Fredi het al heelwat skitter-albums vrygestel soos Sê My en sy treffers Aia, Doedie en Getoor het al menige dansvloere al laat brul.
Op Vrydagaand het ons plaaslike talent, Rainier le Roux en Nelri Benadé die gehoor met ? keurspel betower voordat voormalige Mej. Johannesburg, Amor Vittone om 20:00 haar nuwe album Glo altyd aan more, bekendgestel het. Die lawwe Pieter Koen met treffers soos Skud jou Biscuit en Tatoo, het daarna gevolg. Met sy pittige sêgoed het dié veldaanbieder van Kwêla op kykNET die gehoor behoorlik laat skater.
Op Saterdagaand het die pragtige getroude dinamiese duo, Wynand en Chereé hul duet album, Dit is ons lewe, wat tans in die musiekwinkels beskikbaar is, bekendgestel. Chereé het ? ruk terug ? treffer met Dertig dae in die somer, wat deur Kurt Darren geskryf is, gehad. Wynand Strydom se diep verruklike stem komplimenteer Chereé se “country”-styl en is ? goeie voorbeeld dat teenoorgestelde pole mekaar aantrek.

