Rhino Stoeiklub BO!

Die stoeiers van Rhino stoeiklub asook die wenners van die medaljes is op die foto agter vlnr Tinus Smit(Hoof afrigter), Quintin Swart, PG van Vuuren, Clifton Niemand (Hoof beampte), Johan Fourie (brons) en Johan Barkenhuizen (afrigter). Vierde ry vlnr Michelle Smit(goud), AJ van Vuuren, Tienie Smit(brons) en Ivan Frihlich (brons). Derde ry vlnr Ruan Geldenhuys (silver), Jovan Barkenhuizen, Xander Steenkamp, Xander van der Groenekan. Tweede ry vlnr Marcel Barkenhuizen en Stefan Geldenhuys. Voorste ry Quinton Steenkamp en Heinrich Barkenhuizen. Afwesig: Izelle Moolman (goud) en Ruban Moolman.

Die stoeiers van Rhino Stoeiklub het aan die Sarel Bester ope toernooi deelgeneem wat op Saterdag 26 Junie te Benoni plaasgevind het. Die stoeiers het hul behoorlik van hul taak gekwyt en met drie brons, een silwer en twee goue medaljes huistoe gekom. Hulle is ook nou al hard aan die oefen vir die SA Kampioenskappe wat in Oktober plaasvind. Enigeen wat belangstel is welkom om te  kom kyk hoe hulle oefen elke Maandag en Woensdag by Bonanza van 17:30 tot 20:00. Vir nog meer inligting oor die stoeiklub en hul stoeiers kontak gerus vir Lisa by 082 729 89 51