Stem nou vir Thabazimbi as SA wendorp

Miswolke oor Thabazimbi

THABAZIMBI – Al die wendorpe in die onderskeie provinsies vir die Kwêla/Rapport Dorp van die Jaar kompetisie is nou aangewys en kykers het geleentheid om tot Vrydag 30 Julie hul stem uit te bring.

Thabazimbi is as die wendorp in Limpopo aangewys en in hierdie finale rondte is dit ons as inwoners, saam met familie en vriende, se taak om te verseker dat Thabazimbi as die top-dorp in Suid-Afrika aangewys word.

Al wat u hoef te doen is om die dorp se naam, naamlik Thabazimbi na 33157 te sms. Elke sms kos R1.50 en ‘n maksimum van 100 sms’e vanaf ‘n spesifieke selfoonnommer per dorp sal in aanmerking geneem word.

Indien u familie en vriende nie heeltemal op hoogte is met wat in en om Thabazimbi aan die gebeur is nie, kan hulle gerus op Die Kwêvoël se webwerf: www.kwevoel.co.za gaan inloer. Die nuwe uitleg van die webwerf is iets om te ervaar en diegene wat dalk lank laas daar ingeloer het kan dit gerus doen.

Kwêla word Woensdagaande vanaf 20:00 tot 21:00 op kanaal 111 (kykNET) uitgesaai.

Jou sms kan boonop vir jou ‘n prys van R60 000 losslaan. Die prys word deur World Luxury Hotel Awards geborg en behels 2 Air Mauritius retoer-kaartjies tussen Johannesburg of Kaapstad en Mauritius asook 7 nagte se verblyf vir twee by ‘n 5-ster oord in Mauritius (aandete en ontbyt ingesluit).

Thabazimbi

[nggallery id=4]

Dinge om te doen in Thabazimbi

[nggallery id=5]

Dewside Beer

[nggallery id=6]

Thabazimbi Expo

[nggallery id=7]

Kransberge

[nggallery id=8]

Landbou

[nggallery id=9]

Lugvertonings

[nggallery id=10]

Marakele National Park

[nggallery id=11]

Natuur

[nggallery id=12]

Paragliding

[nggallery id=13]

Wit leeus

[nggallery id=14]

Thabazimbi skole

[nggallery id=15]

30-39