THABAZIMBI – Die Waterberg Sages het verlede Donderdag op Thabazimbi Gholfklub se baan saamgetrek vir hulle Kankerdag. Sewe-uur die oggend was die temperatuur minus 4. Jeanetta Rall en Billy Pring het egter die manne moed gegee met ‘n heerlike pot warm sop.
Daar kon eers teen 08:30 afgeslaan word omdat die ryp te dik op die baan gelê het. Die res van die dag is in ‘n ysige windjie afgehandel.
Saterdag is die “Foursomes” kamioenskap gespeel. Die slagspel kompetisie is oor 27 putjies gespeel. Alta Venter en Marina van der Wateren met 105 netto houe is die kampioenne. Johan Smit en Tiaan Bronkhorst met 109 was tweede en Chappies Behrens en Piet Venter was derde met 118.
Môre, 26 Junie is ‘n borgdag ten bate van die Bosveld Akademie.
Lede wat beland stel om meer te weet wat in Gauteng Noord gholf aangaan kan gerus op www.gngu.co.za gaan kyk.
