Nyl-Wyksbond (Jukskei) hou jaarvergadering

WARMBAD – Die Jukskei jaarvergadering het plaasgevind op Woensdag 21 April te Warmbad en die bestuur en twee afgevaardigdes, elk van drie klubs, was teenwoordig. Naboompark het verskoning gemaak en kon nie die vergadering bywoon nie. Die bestuur en keurders vir 2010/2011 seisoen is gekies en is as volg:

Voorsitter De Graaff Genis (Mokopane Tarentale), Ondervoorsitter Bossie Liebenberg (Thabazimbi), Sekretaris Berrie Keyter (Groblersdal Olifante),

Addisionele Lid Jan Kleynhans (Naboompark)en Media Skakelbeampte Martie Nell (Bela-Bela) Die keurders is as volg. Mans: Berrie Keyter, Sekunde: Sois van Zyl,

Veterane: De Graaff Genis, Sekunde: Francois van Zyl, Dames: Retha van Zyl,

Sekunde: Elzabe Liebenberg, Dogters: Joyce du Preez, Sekunde: Fanus Genis,

Seuns: Bossie Liebenberg, Sekunde: De Graaff Genis. Persone wat betrokke wil raak by jukskei kan vir De Graaff skakel vir meer inligting by 082 902 6997.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.