HFM Luggeweer Proewe

Riette Steenekamp en Renaldo Nortje wat aan die luggeweer proewe deelgeneem het vir die BJI toer na Engeland wat te Kimberley plaasgevind het die afgelope naweek.

THABAZIMBI – Twee van Hoërskool Frikkie Meyer se luggeweerskuts het die afgelope naweek uitstekend presteer tydens die proewe vir die BJI toer na Engeland wat te Kimberley gehou is. Daar is ‘n totaal van 3 Veer skuts, 6 Presisie skuts en 12 Sproter skuts gekies om Suid Afrika in Engeland te verteenwoordig vanaf 1 tot 15 Augustus vanjaar. Riette Steenekamp het gespog met 1387/1600 en Renaldo Nortje met 1415/1600. Renaldo is ook verkies tot een van die 12 Sporter skuts in die span wat hiermee hul SANSSU (Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskutterunie) kleure verwerf het.