Rhino stoeiklub spanbou naweek

Hier is die Rhino stoeiklub se wen banner te siene en waar die tweede span hul Haka doen.

THABAZIMBI – Saterdag 24 April het Rhino stoeiklub ’n lekker spanbou sessie gehou met “The Amazing Race” as tema. Hulle moes een taak voltooi, voor hulle die volgende leidraad kan kry om op die ou einde gekroon te word as wenner. Onder andere het Marisna Frohlich en Michelle Smit probeer om een van hulle take so vinnig as moontlik af te handel deur hoenderpote te eet. Gelukkig was Hannes van Thabazimbi Super Spar so gaaf om eers die hoenderpote gaar te maak.

Die kinders is beloon met ’n lekker warm bord kos by die Coffee Shoppe en moes skatejag om die nuwe banner op te spoor. Die tweede span het hulle “Rhino Haka” gedoen om dankie te sê. Die stroei klub is nou te vinde op “Facebook” en het ook hulle eie webblad by www.thabazimbi.co.za/stoei. Vir enige navrae kontak Lisa by 082 729 8951