Thaba Stoeiers presteer

Hier is die lede van die stoei klub onder leiding van Jaco Snyman. Agter vlnr Jaco (hoof afrigter), Elsie, Anina, Michelle en Oom David. Middel ry vlnr Jonny en Xander. 3de ry vlnr Duncan, Karien en AJ. Voor: Donovan en Gerhard.

THABAZIMBI – Die stoeiers van Thabazimbi wat onder die vaandel van Mogolklub te Ellisras stoei het gedurende die afgelope toernooi te Potgietersrus op 17 April deelgeneem. Daar was 130 inskrywings en ongeveer 70 stoeiers wat deelgeneem het in die kompetisie. Van die stoeiers het in meer as een afdeling meegeding. AJ Becker het ‘n Silwermedalje verower in die  Vrystyl afdeling, Duncan Loubser ook ‘n Silwermedalje Vrystyl afdeling en Donovan Swanepoel ‘n Bronsmedalje in die Vrystyl afdeling. Hierdie drie stoeiertjies het maar eers die 1ste Maart 2010 begin stoei en maak baie goeie vordering. Gerhard Snyman het ‘n Silwermedalje en Bronsmedalje verower in die Grieks romeins en in die vrystylafdeling onderskeidelik. Anina en Karien Snyman verwerf elkeen Goud in hulle onderskeidelike afdelings. Oom Dawid van der Merwe ‘n ou hand in stoei, en stigterslid van die ou Thabazimbi stoeiklub, het ook op 1Maart 2010 by die klub aangesluit. Oom David is reeds afgetree en dit beteken baie vir die klub dat hy sy kennis en ervaring terugploeg in die afrigting van die jong stoeiertjies. Hiermee ‘n spesiale dank vir sy toewyding en bereidwilligheid om die outjies van meet af aan reg af te rig Die volgende toernooi vind plaas op Saterdag 15 Mei 2010 te Mogolklub, Ellisras Vir enige navrae oor die stoeiklub te Thabazimbi kan Jaco gekontak word by 083 979 4474 of 082 260 3539.