Simfonia Juventi Jeugorkes

Lara Snyman met haar Tjello is ’n oud leerling van Laerskool Thabazimbi.

THABAZIMBI – Die Simfonia Juventi Jeugorkes bestaande uit 103 lede, tree Saterdag 22 Mei om 18:00 vir 18:30 op in Hoërskool Frikkie Meyer se skoolsaal. Twee lede van hierdie orkes is oud leerlinge van Thabazimbi. Lara Snyman, wat in Laerskool Thabazimbi was, speel die tjello en Annerie Senekal, wat in Hoërskool Frikkie Meyer was, speel die Alt viool. Albei is nou leerlinge van Afrikaans Hoër Meiesieskool in Pretoria.

Die jeugorkes het in 2005 ’n baie besonderse orkes aangebied, bestaande uit trompet, kontrabas, klavierconcertos, Beethoven se Pastorale Simfonie en die Wilhelm Tell ouverture, om net ’n voorsmakie te gee aan wat hulle als kan opvoer. Die orkes het van die beste 103 lede in hulle veld uit vyf provinsies en 30 verskillende skole gekies en word deur prof. Fanie Jooste gedirigeer.

Hierdie voorreg om die besonderse orkes in lewende lywe in Thabazimbi te aanskou, moet jy nie by jou laat verby gaan nie. Die kaartjie verkope se fondse gaan geskenk word aan die Tambotie versorgings tehuis vir bejaardes.

Kaartjies is beskikbaar by Mariaan Senekal by 083 300 6784 en Juanita Erasmus by 073 848 5102. Onbespreekte plekke is vir R50 en R60 beskikbaar.