AFGRI Thabazimbi groet

THABAZIMBI – Na gelang van die oorname transaksie wat goedgekeur is tussen Obaro en AFGRI bedryfs beperk, wil die bestuurder en personeel van AFGRI die geleentheid gebruik om elke kliënt wat hulle die afgelope agt jaar getrou ondersteun het opreg te bedank. Ons sien daarna uit om weer tot julle diens te wees by Obaro Thabazimbi en Northam. Neem asseblief kennis dat AFGRI Thabazimbi se deure finaal sluit op Vrydag 14 Mei 2010, so kom kyk gerus vir oulaas as u nog ‘n winskopie op u buitelewe en kamp toerusting wil maak.