Wesvoere Uithourit

THABAZIMBI – Die Derde WESvoere Thabazimbi Uithourit word beplan vir 8 Mei 2010 te Allied Farms Koedoeskop. Ongeveer 100 perde met ruiters en hulle ondersteuners gaan deelneem aan hierdie opwindende jaarlikse byeenkoms. Pryse sal toegeken word aan 1ste, 2de en 3de plekke behaal in beide die 80km en 120km in al die verskillende kategorië.

WESvoere be-oog om deur die aanbieding en borgskap van hierdie byeenkoms nie alleen hulle uitstekende kwaliteit-podukte te promoveer nie, maar om ook ‘n herlewing in   perde sport in die Thabazimbi omgewing te bewerkstellig. Belangstellendes kan Leon de Witt skakel by (083) 675 2289 of  (082) 464 2860.

Die Erasa Webtuiste kan ook besoek word by www.erasa.co.za