Thabazimbi Boogklub skiet Liga op Ellisras

Al die skuts van Thabazimbi boogklub wat aan die kompetisie te Ellisras deelgeneem het is voor vlnr Edward Swanepoel, Pedré Bezuidenhout, Pikkie van Aardt, Pieter van Aardt, Nico Botha, Lourens du Plessis, Ryno Potgieter en agter vlnr Jood Swanepoel, Robbert du Plessis en Tjaart Sheepers.

THABAZIMBI – Thabazimbi Boogklub het op Saterdag 27 Maart te Ellisras aan ‘n  SANIFAA Liga skiet kompetisie deelgeneem. Die kompetisie was nogal straf deurdat daar verskeie Springbokskuts soos Benito van Leuwen, was wat ook aan die kompetisie deelgeneem het. Die Boogklub het 10 skuts ingeskryf waarvan 6 met medaljes huistoe gekom het wat hulle in hul onderskeie kategorië verwerf het.’n Spesiale dank word aan die skuts vir hul deelname en aan die Njala-klub, Ellisras se Boogklub gebring met ‘n uitstekende kompetisie en hul gasheid. Al die skuts word herinner aan die ‘shoot’ Saterdag 1 Mei te Koos Cronje Skietbaan. Daar gaan vele pryse wees en Pierre van Wyk van ABO sal teenwoordig wees gedurende die dag se verrigtinge. Groot uitdagings word gewaarborg, en die klub versoek dat die gemeenskap hulle moet ondersteun. Verversings sal te koop aangebied word vir die wat honger en dors word.