Pro Bow Boogklub in Sasolburg

Van die deelnemers aan die SABA kompetisie is voor: Anthony Opperman, Hano Swanepoel en agter: Jaco Swanepoel, Renaldo Nortjé, Petro van Reenen, Aldo van Reenen, Antoinette Hermann en Malan Hermann

THABAZIMBI – Die derde SABA (South African Bow Hunters Assosiation) kompetisie van 2010, is Saterdag 10 April by die Watuni Boogklub in Sasolburg aangebied.

Die deelnemers en van hul gesinne het reeds die Vrydag na Parys vertrek, waar hul oornag het. Hulle is Saterdagoggend deur die res van die deelnemers gevolg.  Met vroeë winterryp wat hulle op die Vrystaatse vlaktes begroet het, het almal gewonder wat dié dag vir hul gaan inhou. Gelukkig het die son geskyn en die vooruitsig vir reën ‘n skrale moontlikheid. Wat aanvanklik na ‘n maklike baan gelyk het, het uiteindelik meer vernuf van die elf skuts geverg as wat hul vermoed het. Dit was ‘n eerste ondervinding vir van die skuts, en almal is dit eens dat dit ‘n dag vol avontuur was en dat elkeen waardevolle ondervinding opgedoen het. Pro Bow Boogklub het as klub met die meeste pryse huiswaarts gekeer. Thabazimbi se sewe pryse en ‘n “cubs medal” was beslis ‘n bonus.

Drie lede van die klub naamlik Henk Engelbrecht, Malan Hermann en Antoinette Hermann, het ook hul SABA Bproc Hunter sertifikate ontvang. Henk Engelbrecht, voorsitter van Pro Bow Boogklub Thabazimbi het ook van die geleentheid gebruik gemaak en aan Harry Marx, voorsitter van SABA, ‘n wisseltrofee te oorhandig vanaf Pro Bow Boogklub en Pro Bow Archery (Nico en Hannetjie Engelbrecht), wat voortaan aan die beste jaarlikse span – SABA: Gauteng, oorhandig gaan word. Die spankompetisie sal vanaf Mei 2010 in werking tree. Die uitslae vir die dag is as volg: Malan Hermann 1ste Snr Male Broad head, Antoinette Hermann 1ste Snr Female Broad head, Petro van Reenen 1ste Snr Female Mechanicals, Renaldo Nortjé 1ste Jnr Male Mechanicals, Aldo van Reenen tweede Snr Male Mechanicals, Hano Swanepoel tweede Jnr Male Mechanicals, Jaco Swanepoel 3de Jnr Male Broad head en Anthony Opperman  ontvang ‘n Cub Medal. Die volgende SABA kompetisie vind plaas op 8 Mei te Tswala Grove, Hartzenberg, Alberton. Almal hoop op ‘n warmer kompetisie as die vorige jaar waar die deelnemers ysreën moes trotseer.

Die boogklub lede en vriende kom elke Donderdag aand vanaf 17:00 bymekaar vir skiet oefening en samesyn. Vir meer inligting skakel Henk Engelbrecht (0837073691), Hein Holtshauzen (0837013039) of Hannetjie Engelbrecht (0736749956). Die hele gesin is welkom.