Donasies kan klein hartlyertjie help

Hennie Thuynsma, ses maande, van Thabazimbi is met 'n uitsonderlike hartkondisie gebore wat gaan veroorsaak dat hy uiteindelik 'n hartoorplanting sal moet ondergaan.

Hennie Thuynsma en Jacqueline Thuynsma se seuntjie van amper ses maande is gebore met ’n hart kondisie genaamd “Tricuspid Atresia Type 2 C. Dit beteken dat Hennie Junior net met drie hartkamers gebore is.

Klein Hennie het alreeds sy eerste operasie gehad en daar wag nog vele meer vir hom. Die Thuynsma gesin hoop dat Hennie se lyfie kan uithou tot hy groot en oud genoeg is om ’n hartoorplanting te kan ondergaan, want daar is nie hartoorplantings vir babatjies nie.

Hennie is ses en ’n halwe weke te vroeg gebore en het net 1.9 kg met geboorte geweeg. Twee maande na sy geboorte is hy gediagnorseer met die hartkondisie. Hy is toe dadelik na die Sunninghill Hospitaal geneem waar hy klaar hart versaking na gevolg van sy toestand gehad het.

Vir die eerste twee maande het die gesin ’n hospitaal plan gehad, maar het toe oorgeskakel na ’n mediese fonds, maar die medise fonds het nogsteeds tekortkominge. Hennie Junior moet weer vir ’n operasie gaan en die gesin gaan kortkom, want daar is baie meer uitgawes. Petrol geld van Thabazimbi na Sandton, verblyf in Sandton vir minstens twee maande, omdat klein Hennie in die intensiewe eenheid gaan bly vir een maand en een maand in die hoësorg afdeling na die operasie tot hy sterk genoeg is om huistoe te gaan.

Hiermee vra hulle (die Thuynsma gesin) vir ’n donasie. Enige hoeveelheid is welkom. Die trust besonderhede waar die inbetaling gemaak kan word is:
HL Thuynsma Hart Fonds Trust no: IT 906/2010
Bank besonderhede: Fluid Account
FNB Rekening no: 6225 1838242
Tak kode: 250 655