General

Ongeluk voor treinbrug

Die bestuurder van die Bantam bakkie het beheer oor sy voertuig verloor waarna hy teen ‘n aankomende Mercedez bussie vasgery het en in ‘n sloot tot stilstand gekom het.
Die bestuurder van die Bantam bakkie het beheer oor sy voertuig verloor waarna hy teen ‘n aankomende Mercedez bussie vasgery het en in ‘n sloot tot stilstand gekom het.

THABAZIMBI – Drie mense is eergister in ’n ongeluk beseer toe die bestuurder van ‘n Bantam bakkie beheer verloor het buite Thabazimbi en teen ’n aankomende Mercedez bussie gebots het.
Die ongeluk het omstreeks 13:00 op Woensdagmiddag 15 Julie op die draai verby die Gholfklub-afdraai voor die treinbrug gebeur.
Volgens die SAP op die toneel het die voertuie sowat ‘n 100m voor die treinbrug mekaar van voor getref waarna albei voertuie al rollende die pad verlaat het.
Die geskokte bestuurder van die Bantam bakkie het slegs ligte beserings opgedoen, maar kon nie enigiets van die ongeluk onthou nie, terwyl die bestuurder van die Mercedez bussie en sy vrou, afkomstig van die Vrystaat, deur paramedici na Curamed vervoer is vir moontlike rug- en nekbeserings, ribbesering en snye.
Alhoewel dit ‘n 80-sone is, het die impak heelwat skade aan die voertuie berokken, en die pad was besaai met persoonlike items.