Bosveld Akademie leerling verteenwoordig Suid-Afrika in skopboks

Sanel Steyl, ‘n leerder van Bosveld Akademie verteenwoordig Suid-Afrika met skopboks later dié jaar in Engeland.
Sanel Steyl, ‘n leerder van Bosveld Akademie verteenwoordig Suid-Afrika met skopboks later dié jaar in Engeland.

THABAZIMBI –  Sanel Steyl is van die begin van haar skoolloopbaan ‘n leerder van Bosveld Akademie en is tans in Gr10.  Haar entoesiasme vir skopboks het ontwikkel nadat ‘n maatjie haar uitgenooi het vir oefening. Haar belangstelling vir dié sport is geprikkel en sedertdien is skopboks vir haar sinoniem met fiksheid en gesondheid. Sanel vertel voorts dat jy baie selfdissipline aanleer en ook hoe om jou self te verdedig, wat uiters belangrik is. Die toernooie waaraan sy deelneem behels verskillende vorms van gevegte naamlik vollekontak, ligte- en semi-kontak. Die deelnemers word volgens hulle gewig en kleur van die skopboksbelde ingedeel, maar in die SA kampioenskappe veg alle kleurbelde teen mekaar.  Sanel veg in die semi-en ligtekontak afdeling in die gewig van 50-55 kg.  Die klub oefen tans in die saal met afrigter Shian Peet van Breda wie volgens Sanel een van die beste afrigters is. Sanel het tans haar rooibelt en 5 toernooie agter die rug, sy het ook al aan 3 provisiale toernooie deelgeneem en het met goud, silwer en brons weggestap. Met haar deelname aan die SA Kampioenskappe het Sanel ‘n silwer medalje ontvang en is ingesluit in die Nasionale span. Sy gaan Suid-Afrika verteenwoordig in Engeland, dié toernooi sal plaasvind vanaf 21 Junie tot 7 Julie 2009 waarna sy haar Nasionale kleure ontvang.