SETARIA – Die Heydenrychs van die Northam Platinum Hengelklub het groot hengelgeluk ondervind toe hulle die afgelope naweek by die Krokodilrivier gaan visvang het.
Theunis en Willem Heydenrych het Vrydagaand omstreeks 18:00 begin hengel en aangehou tot Saterdag 11:00. In hierdie tyd het dié twee hengelaars 12 visse gevang. Die visse se gewig het gewissel tussen 3 en 7,7kg.
Die visse is almal in die Northam Plats Hengelklub se dam, die Konsentrator, vrygelaat.
Northam Plats Hengelklub bied hulle maandelikse hengelkompetisie die komende naweek by die Konsentratordam aan. Belangstellendes kan die klubvoorsitter, Ronnie du Toit, kontak by 073 665 8169.
