Sport

Stofskop Rally by Sanddrift

ATLANTA – Die jaarlikse Stofskop Rally, wat deur Laerskool Sanddrift aangebied word, vind Saterdag 26 April by Vaalkop, Atlanta plaas.
Alle twee- en vierwiel motorfietse kan deelneem. Daar is reeds meer as 100 inskrywings ontvang, maar belangstellendes kan nog tot vandag, Vrydag 25 April, inskryf. Die vroeëre inskrywingsdatum is verleng nadat die skool se telefoon- en fakslyne die afgelope week buite werking was.
Inskrywingsvorms is beskikbaar by Laerskool Sanddrift. Hiervoor kan Ina by (012) 277 2333 geskakel word of by (012) 277 1916 gefaks word. Vir verdere navrae in verband met die rally kan Emslie by 082 566 3238 of Johan by 082 457 6943 geskakel word.