Gemengde welslae vir HFM
THABAZIMBI – HFM se sportspanne het Saterdag te Potchefstroom aan ‘n wintersportdag deelgeneem en met gemengde resultate huis toe gekom.
Die hokkiespanne het goed presteer en van die 5 wedstryde wat gespeel is, het hulle net 1 verloor. Die o/14A’s wen 1-0 teen Roodepoort, o/15A-span wen 2-1 teen Wonderboom, o/16A-span wen 2-1 teen Wonderboom en die 1ste span wen 3-1 teen Wonderboom. Slegs die 2de span verloor 0-1 teen Wonderboom.
Die netbalspanne het onderskeidelik teen Wonderboom, Standerton, Roodepoort, Overkuin en Lichtenburg gespeel. Die o/14A-span het beide hulle wedstryde teen onderskeidelik Wonderboom en Standerton verloor, die o/14B’s het hulle wedstryd teen Roodepoort gewen met 16-5, maar die volgende een verloor. Die o/15A’s verloor een en wen teen Standerton 20-14 en die o/15B’s verloor albei hulle wedstryde. Met die o/16A en -B spanne het dit nie so goed gegaan nie en beide spanne verloor hulle wedstryde. Die o/17A-span wen met 19-13 teen Overkruin. Die 1ste span het ook klei getrap met albei hulle wedstryde en die 2de span wen teen Roodepoort 17-9.
Met die finale uitslae was die o/14A-span vierde, o/14B derde, o/15A derde, o/15B vierde, o/16A vierde en o/16B sesde, o/17A derde en die o/17B-span sesde. Die eerste span eindig vierde en die tweede span derde.
Met die rugby het dit ook maar so-so gegaan. Van die agt wedstryde wat gespeel is het HFM drie gewen. Frikkies se eerste span het hulle wedstryd gewen teen Roodepoort met 38-0 en die tweede span het ook gewen met 11-5 teen Wonderboom. Die o/14A’s het teen Roodepoort gewen met 24-17. Die res van die spanne het verloor teen onderskeidelik, Overkruin, Roodepoort en Wonderboom. Die o/15A’s het 8-15 verloor teen Roodepoort en die o/15B’s 10-17, ook teen Roodepoort. Die o/16A-span verloor 14-17 teen Wonderboom, die o/16B-span 0-32 teen Wonderboom, en die derde span met 0-10 teen Overkruin.