HFM boerseun eerste op nuwe trekker
AMERIKA – “…die eerste keer wat die trekker beweeg en ek het hom gery!” was die woorde van die opgewonde Wimpie Pretorius, Graad 11-leerling aan Hoërskool Frikkie Meyer, toe hy ‘n pasklaar 8230-model John Deere-trekker van die fabrieksvloer af bestuur het.
Wimpie kuier tans vir vyf maande op uitnodiging in Amerika by die James-familie, op hul besproeiingsplaas naby Hugoton, Kansas waar sy oom ‘n vennoot in die boerdery is.
Op sy toer deur die land, het Wimpie die John Deere-fabriek in Waterloo, Iowa besoek. Die fabriek beslaan 50 hektaar onder dak en nog vele hektaar waar die trekkers uitgestal staan. Hy was dan ook die eerste persoon wat een van die trekkers van die fabrieksvloer af bestuur het.
Hulle het ook die gifspuitfabriek by De Moines en die stroperfabriek by Moline Illenois besoek.