General

Laerskool Platina trots op hulle presteerders

SWARTKLIP- Die atlete van die Laerskool Platina het tydens die streekkampioenskappe wat te Ellisras plaasgevind het, bewys dat hulle oor die nodige talent beskik om die ander skole die skrik op die lyf te jaag.
Die skaakleerlinge hou ook die skool se naam hoog waar hulle onlangs aan ‘n skaaktoernooi  by Brits deelgeneem en baie goed gevaar het. Daar het hulle ‘n eersteplek en twee 80% toekennings verwerf.  Daar was altesaam 190 leerlinge wat aan die toernooi deelgeneem het. Die volgende toernooi sal gedurende Aprilmaand plaasvind en sterke word aan al die spelers toegewens.