THABAZIMBI – Tydens Hoërskool Frikkie Meyer se interhuis swemgala verlede Woensdag is ‘n hele paar nuwe rekords opgestel. Lourens Boshoff (So/14) verbeter drie rekords en Rhoné Rheeders (ope afdeling) verbeter ‘n rekord van 1987 in die 50m Vlinderslag van 34,3 na 33,4 sekonde. Lourens breek die 50m Kruipslag-rekord met ‘n spoed van 30,17 sekonde, 50m Rugslag in ‘n tyd van 34,09 sekonde (‘n verbetering van 4,01 sekonde) en die 4 x 50m Individuele Wisselslag (S o/15) word verbeter van 2:43,31 na 2:38,68. Die Rooi span was die wenner by die interhuis en die Geesbeker is aan die Blou span oorhandig. Die Junior Victor Lodorum is dan Lourens Boshoff en Junior Victrix Lodorum is Natasha van Tonder. Die Senior Victor Lodorum is Wickus Stevens en Senior Victrix Lodorum is Rhoné Rheerders.
