General

On Track – Privaat toerismekantoor vir Thaba

THABAZIMBI – Uiteindelik het Thabazimbi sy eie toerismekantoor met On Track wat sy deure in Elandstraat, regoor die Andanté Sentrum oopgemaak het. Die toerismekantoor gaan poog om toerisme in die omgewing uit te brei en te bevorder. Die kantoor dien ook as ‘n sentrale besprekingskantoor en inligtingsentrum vir gastehuise, lodges, avontuurtoerisme, fotografie safaris en toere. Jy kan ook vliegtuigkaartjies by Johan Muller bespreek na enige bestemming in die wêreld. Johan by On Track gaan ook poog om al die toerisme-aktiwiteite wat in die omgewing is, se inligting te kry, sodat gastehuise in die dorp kan weet wat om met hulle gaste te doen oor naweke en gedurende die vakansieseisoen. Verder beplan On Track om elke Saterdag ‘n dagtoer aan te bied wat dan by verskillende interessante plekke sal aandoen. Mense in die omgewing en in die dorp is welkom om Johan te skakel in verband met al die besienswaardighede. On Track is ‘n privaatbesigheid wat staat maak op die ondersteuning van almal in die dorp om seker te maak dat Thabazimbi so goed as moontlik bemark word as ‘n toerismebestemming. On Track doen ‘n beroep op alle gastehuise om hulleself te gaan registreer en al hulle inligting te gee sodat Johan dit op die webwerf kan plaas. Die webwerf se adres sal www.thabazimbitourism.co.za wees of e-posse kan na Johan gestuur word by info@thabazimbitourism.co.za. Johan kan ook gekontak word by 083-770-9917.