Mongatane Lodge – ‘n Vreedsame kuiertjie

THABAZIMBI – Mongatane Lodge van Boeta en Magdaleen van Dyk is ‘n stukkie Namibië in die midde van die Bosveld. Die twee kom aanvanklik van Namibië af en hulle het die chalets name gegee van inheemse Namibiese etniese groepe. Die swembad se muur stel natuurverskynsels van Namibië voor soos die bekende Vingerklip. Boeta van Dyk het alles by Mongatane met sy eie handewerk opgebou, van die gekerfde mure van die swembad tot die chalets en konferensiesaal. Mongatane is ‘n familieplek wat 18 mense kan akkommodeer en braai- en lapageriewe bied. Mongatane voorsien hoofsaaklilk in die behoeftes van jagters. Staptoere en swembadgeriewe is vir gaste beskikbaar. Mongatane se konferensiesaal kan met gemak 35 mense huisves. Mongatane gee aan gaste ontbyt en ander etes, doen gaste se wasgoed en hou elkeen se kamer skoon. Mongatane Lodge spesialiseer in akkommodasie, maar neem ook besoekers om te gaan jag. Die trots van Mongatane Lodge is ‘n uitkykbalkon van ongeveer vier verdiepings hoog met ‘n betowerende uitsig oor die Kransberge. Vir navrae kontak Magdaleen en Boeta by 014 772 3018 of 082 965 0002 of 072 447 3871.