General

Hou saam Kersfees by Badger Bush Lodge

THABAZIMBI – Die Badger Bush Lodge is ‘n ontspanningsfasiliteit ideaal vir die hele gesin. Die lodge is ongeveer 18 kilo’s uit op die Rooibokkraalpad en is op ‘n wildsplaas van 500 hektaar geleë. Die Lodge spesialiseer in Sondae-etes en funksies en is ten volle uitgerus vir die selfvoorsiening van kos en verversings. Daar is klim-en klouters vir die kleuters, trampoliene vir die jonges en swem-en braaigeriewe vir die hele gesin. Die konferensiesaal kan deur besighede gehuur word vir vergaderings en konferensies. Verder kan besoekers op wildsritte gaan teen ‘n fooi van R20 per volwassene en R10 per kind. Eie voertuie kan ook gebruik word om gratis wildsritte te onderneem. Badger Bush Lodge gaan hierdie Kersfees groot fees vier. Op Kersdag hou hulle ‘n Kersete wat ongeveer 12:00 sal begin. Die kostes beloop R140 per volwassene en R70 per kind. Die ete sal ‘n koue ete wees en ses verskillende vleise sal voorgesit word. Slaaie, vrugte, brode en natuurlik nagereg sal ook beskikbaar wees. Vir besprekings, kontak Laurie: 083 298 8539 of Jacques: 083 727 3443. Bespreek asseblief vroegtydig.