Krieketseisoen begin op ‘n hoë noot
SWARTKLIP – Krieketspanne van Laerskool Platina het verlede Dinsdag teen Laerskool Koedoeskop gespeel met gemengde welslae. Die 1ste krieketspan het hulle wedstryd met 6 lopies gewen. Dit was die span se eerste oorwinning die seisoen. Ongelukkig het die 0/11 span teen Laerskool Koedoeskop verloor. Dit was ook hulle eerste wedstryd van die seisoen. Die span is egter oortuig daarvan dat dit met die volgende wedstryd sal beter gaan. Laerskool Platina het ook pas begin met die afrigting van mini-krieket. Dit is die eerste keer dat die skool mini-krieket aanbied. Daar is tans 22 deelnemers vir die mini-krieket en die span is voluit besig met oefening. Die oefeninge vind plaas elke Dinsdag en Donderdag vanaf 14:00 tot 15:00 op die skoolterrein. Die mini-krieket sluit Graad 1, 2 en 3 in. Alle laerskool belangstellendes kan kom oefen Dinsdae en Donderdae. Daar word ook wedstryde gereël vir later die jaar. Hulle het vier afrigters wat almal van die skool is om die jong krieket spelers tou wys te maak.