Sport

Hengelaars vang groot vis

SWARTLIP – Hengelaars van Swarktlip het weer groot vis uitgetrek tydens die dagkompetisie wat op 8 Julie by Roodekoppiesdam plaas gevind het. Die kompetisie is vanaf 07:00 die oggend tot 15:00 die middag gehou. Die dagtemperatuur was ‘n gerieflike 24 grade celsuis en die vis het die hengelaars baie besig gehou. Daar was 13 hengelaars teenwoordig die dag en hulle alleen het ‘n totaal van 44 visse gevang, wat nie sleg was nie. Die kompetisie het om die swaarste spesie gedraai en die totale gewig vir die dag was 41,66 kg. Die volgende klub kompetisie vind plaas die naweek van die 4de en 5de Augustus 2007 te Doringdraai dam naby Potgietersrus. Dit is ‘n naweekkompetisie en die hengelaars gaan vang vir die meeste spesies van baber tot moddervis. Die klub wil net die volgende Meesters en Seniors hengelaars gelukwens met hul verkiessing tot die Noordwes Span. Hulle is Phillip van der Westhuizen -Meesters, Barry Dreyer – Senior, Manie Sasnowske – Senior en Piet du Plessis – Senior-Reserwe. Enige belangstellendes kan gerus die klub kontak Piet du Plessis by 0820580436.