General

Petroljoggie onvoer na rooftog

SETARIA – Die vulstasie by Setaria Spar is Woensdagaand 18 Junie vir die tweede keer in drie weke geroof. Die rowers het om ongeveer 21:00 die petroljoggie oorrompel en hom ook ontvoer. ‘n Lid van die publiek wat ‘n wyle later wou brandstof ingooi het onraad gemerk toe geen personeel opdaag om hom van diens te wees nie en alles oopgestaan het. Volgens mnr Scott Denton, eienaar van Setaria Spar en die vulstasie het die rowers die petroljoggie by Assen polisiestasie afgelaai en het hy blykbaar ongedeerd daarvan afgekom. Die SAPD Thabazimbi het die petroljoggie ondervra, maar beperkte inligting is beskikbaar. Die booswigte het egter op meer geld buitgemaak as die eerste keer.