Sport

Thaba maak amok teen Nylstroom

Deur Jan Engelbrecht

THABAZIMBI – In ‘n aand waar alles reg verloop het vir Thaba in hulle weg wedstryd teen Nylstroom het die voor en agterspelers soos ‘n goed geoliede masjien goed in rat gekom en die beste wedstryd van die jaar gespeel. Thaba het voorlangs oorheers en agterlangs het die agterlyn paaie deur die teenstanders gehardloop met Joe Grobbelaar wat baie gevaarlik gelyk het elke keer as hy aan die bal gevat het. James Engelbrecht sy sentermaat het baie rigting aan die agterlyn gegee en skielik lyk Thaba soos die gevaarlike span van ouds. Wat Thaba se oorheersing voorlangs nog meer indrukwekkend gemaak het is dat Nylstroom gevra het om statiese skrums te speel omdat hulle nie voorrye gehad het nie, onmiddellik het hulle ‘n groot angel van Thaba weggeneem omdat Thaba die beste pak voorspelers in die liga het en sodoende nie goeie momentum gekry het uit die skrums nie. Maar Jan Davel het soos met elke wedstryd die vuur aangesteek voorlangs en Cobus Oosthuizen was kort op sy hakke, die ander spelers het gevolg en skielik kon Nylstroom nie al die gate toemaak nie. Thaba se drie losvoorspelers Jaco Schlebush, Rory Cresswell en Helgaard Muller het baljaar en die span mooi oor die voordeellyn geneem en lekker as ‘n eenhied vertoon. Borries Bornman is vinnig besig om een van die beste hakkers in die Limpopo te word en die man het nie einde nie, hy is ook een van die min hakkers in die land wat op die teenstanders se bal kompeteer in die skrums sodoende kry Thaba meer as hulle deel vasskoppe. Riaan Nel het net nie einde nie op 38 jaar speel hy huidiglik van sy beste rugby nog en in die lynstane het die man net nie gelyke nie. Die vleuel Dumisane Ben speel hierdie jaar met baie selfvertroue en hy is baie gevaarlik wanneer hy aan die hardloop gaan. Thaba het die wedstryd met 64 punte teen 10 gewen. Puntemakers aan Thaba se kant, drieë Riaan Nel, Jaco Schlebush, Deon Schlebush, Helgaard Muller, Piet Engelbrecht, James Engelbrecht, Dumisane Ben, Jan Davel, Cobus Oosthuizen Borries Bornman en Brand Engelbrect. Dan slaag Jaco met 7 doelskoppe. Thaba se volgende wedstryd is 13 Julie tuis teen Warmbad, die spelers waardeer dit as hulle voor hulle eie toeskouers kan speel en daarom sal dit lekker wees as die toeskouers in hulle hordes sal opdaag. Die helpende hande sal weer die eetgoed verskaf.