Motorwassers: Groot probleem
THABAZIMBI – ‘n Aantal jeugdige motorwassers wat oor die afgelope paar maande die dorp begin infiltreer het, is besig om ‘n groot probleem en kopseer vir plaaslike besighede in die omgewing te word. Volgens Ivan Keyser, eienaar van die Poskantoor-gebou teister en dreig die motorwassers besighede en die publiek in die parkeerarea tussen Eerste Nasionale Bank en die poskantoor. Die jongmans wat bestaan uit ‘n groep van ongeveer tien, bestorm motoriste en dring aan om hul voertuie te was. In verskeie gevalle het dit gebeur dat indien motoriste weier, die mans dan uit weerwraak voertuie krap en beskadig. Verder speel hul bykans elke dag oorverdowende musiek en dans uitlokkend voor dames rond wat verby stap. Op Vrydag 8 Junie het die groep wassers gegroei tot ongeveer 20 jeugdiges waarvan baie jonger as 13 geskat word. Hul uitdagende en soms skokkende gedrag steek die publiek en winkeleienaars dwars in die krop. En die winkeleienaars wat durf waag om Een van die jeugdige motorwassers wat op die parkeerterrein tussen Eerste Nasionale Bank en die poskantoor motoriste teister. die wassers aan te spreek word gedreig of vind omgekeerde vullisdromme voor hul deure. Verskeie versoeke is al aan die Munisipaliteit gerig om die probleem aan te spreek, maar vol- gens Keyser val dit op dowe ore. Die nuwe beleid aangaande straathandel tree eerskomende Dinsdag 19 Junie inwerking en die hoop word uitgespreek dat dit dan aangespreek sal word. Keyser doen egter ‘n beroep op die pu- bliek om nie die wassers te onder- steun deur hul voer- tuie daar te laat was nie in ‘n poging om die jeugdiges se onaanvaarbare gedrag hok te slaan