Tarentale Jukskeitrofee gaan aan die Noorde
THABAZIMBI – Die tweede jukskei byeenkoms, waar die Noorde (Pietersburg Wyksbond) en die Suide (Nylwyksbond) meegeding het vir die Tarentale trofee het plaasgevind op Saterdag, 7 Januarie te Polokwane.
Dertien spanne van elke wyksbond het meegeding in afdelings A, B en C. Die trofee is deur die Noorde gewen. Die uitslae is as volg: A-afdeling – Suide 138, Noorde 102. B-afdeling – Suide 121, Noorde 118.5. C-afdeling – Suide 154, Noorde 196.5. Groottotaal – Suide 413 en die Noorde 417.
Op 21 Januarie vind die keuring vir Seniors van die Noordelike provinsie jukskei plaas te Polokwane om 08:00. Die keuring is vir die SA’s wat einde Maart plaasvind en vir B en C spanne, wat einde Februarie plaasvind te Kroonstad. Twee streekskampioenskappe vind plaas op 4 Februarie en 25 Februarie te Krugersdorp.
Vir enige navrae kan Evert Genis by 083 230 0824 of Bossie Liebenberg gekontak word by 082 920 9070.