SA skole Jukskeikampioenskappe
THABAZIMBI – Die Juniors van die Noordelike provinsie Jukskei Unie, het puik presteer en vyf medaljes terug gebring.
Die dubbels het op Saterdag, 3 Desember te Kroonstad plaasgevind en die volgende spanne het medaljes ontvang. Seuns 0/19 A – 3de plek, Karel Venter (Levubu) en Johan van Zyl (Groblersdal). Gemeng 0/19 A – 3de plek, Francois van Zyl (Groblersdal) en Annemarie Mostert (Mopanie klub Polokwane). Meisies 0/14 A – 1ste plek, Odette en Rozanne Kloppers (Soutpan klub Mokhado). Gemeng 0/14 A – 3de plek, Jan du Preez (Polokwane) en Daphne Liebenberg (Thabazimbi).
Spanne afdeling (5-9 Desember) Dogters 0/14 A – 3de plek Brons. Dogters 0/14 B – 6de plek. Plaat afdeling: Seuns 0/19 A – 1ste plek. Seuns 0/19 B1 – 1ste plek en Seuns 0/19 B2 – 2de plek. Dogters 0/19 – 4de plek, Seuns 0/14 A – 2de plek en Seuns 0/14 B – 1ste plek.
Die volgende byeenkoms in die provinsie is op 7 Januarie 2006 te Polokwane, wanneer die Noorde teen die Suide meeding vir die Tarentale trofee. Die huidige houers van die trofee is die Suide.
Vir verdere inligting kan Martie Nell, Media skakelbeampte vir Noordelike Provinsie Jukskei unie, gekontak word by (014) 733 0611 of by 083 532 1960.