General

Landbou-Idols sangkompetisie ‘n eerste

THABAZIMBI – Die Landbouskou bied vanjaar hul eerste “Idols” sangkompetisie op Saterdag, 6 Augustus aan. Alle voornemende sangers van 5 tot 19 jaar word genooi om aan hierdie kompetisie deel te neem.
Die kompetisie gaan van 12:00 tot 15:00 aangebied word onder die Markies tent op die arena by die skougronde. Indien jy nie ‘n bo-baas sanger is nie, kan jy ook van mimiek gebruik maak.
Deelnemers kan vir die sangafdeling (ses ouderdomsgroepe) of die orkesafdeling (twee ouderdomsgroepe) inskryf. Ongelukkig kan die orkes nie van mimiek gebruik maak nie en voornemende deelnemers het net hierdie volgende paar dae oor om hul kitare en instrumente in te stel.
Bekendes kunstenaars gaan as beoordelaars optree en groot pryse is op die spel. Die inskrywingsfooi beloop R40 per persoon en R60 per orkes. Inskrywingsvorms is by die skouterrein beskikbaar.
Hierdie gaan ‘n prettige vertoning vol verrassings wees en moet nie misgeloop word nie. “Thys die Bosveldklong”, hier wag groot kompetisie op jou!