General

Polisie waarsku jeug

THABAZIMBI – Ernstige klagtes van restaurante en kroeë in die dorp dat die jeug drank misbruik is aan die polisie oorgedra. Die restaurante en kroeë gaan nou baie strenger optree teen jeug wat beweer dat hulle 18 jaar of ouer is, maar geen ID boekie kan toon nie.
Persone wat wel ‘n ID boekie het, maar vir hul minderjarige vriende drank koop, sal die ernstige gevolge daarvan moet dra – soos bepaal deur die wet. Restaurante en kroeë gaan in samewerking met die polisie die drankmisbruik in openbare plekke stop sit.