HFM netbal uitslae

THABAZIMBI – Verlede Saterdag, 23 April het HFM ‘n netbal dag te Potchefstroom bygewoon. Uitslae is as volg:
Die O/14A span wen Diamantveld met 23-14 en vir Duineveld met 18-7. Hulle verloor teen Gimnasium met 10-8 en teen Baillie Park met 23-15. Die O/15A span wen hul wedstryd teen Diamantveld met 14-6 en speel gelykop teen Duineveld met 7 elk. Hul verloor hul wedstryde teen Gimnasium, Noordheuwel en RHS.
Die eerstespan wen hul wedstryd teen Koster met 21-7 en teen Noordheuwel wen hulle 19-11. Hulle verloor teen Diamantveld met 18-11 en verloor in die semi-finaal teen Gimnasium met 17-11.