HFM leerder deur na tweede rondte van ATKV

THABAZIMBI – ‘n Leerder van Hoërskool Frikkie Meyer, Gerdus Lee, is deur na die ATKV Redenaarskompetisie se tweede rondte. Verlede Vrydag is die ATKV Redenaarskompetisie se eerste rondte uitdunne te HFM gehou.
Ses skole vanuit Limpopo Provinsie se redenaars het hier kragte gemeet. Gerdus (Gr 10) het met sy toespraak oor Afrikaans, met die louere weggestap in die senior afdeling. Hy neem nou op 20 Mei te Klein Kariba deel aan die tweede rondte uitdunne.
HFM vertrou dat hierdie knap redenaar weer, soos verlede jaar, sal deurdring na die finaal.