“Paintball” weer vanjaar by Expo

THABAZIMBI – Awsim Paintball sal weer vanjaar by die Wild en Toerisme Expo wees. Indien jy dus verlede jaar vergeet het om jou skoonma op ‘n paintball uitstappie te neem, moet jy dit vanjaar bo-aan jou prioriteitslysie plaas.
Kom stel jou oorlogs vaardighede op die proef en geniet ‘n avontuur gevulde dag – bring sommer al jou vriende en jou baas ook saam. Jou skoonma is mos reeds ingeskryf! Gaan soek Awsim Paintball op tussen die korfbalbaan en rugbyveld. Kostes beloop R35 per persoon wat jou toerusting en 25 “patrone” insluit. As jy bloeddorstig van hart is, kan jy eksta patrone koop.

More about Thabazimbi Expo