Entertainment

Afrikiti het vermaak vir almal

THABAZIMBI – Afrikiti, die ATKV se 75-jarige feesopvoering, gaan vir heerlike vermaak tydens die Thabazimbi Expo sorg.
‘n Kombinasie van verhoogkunstenaars wat wissel van die bekoorlike Rina Hugo tot die vermaaklike Solly Philander gaan sorg vir lekker gesinsvermaak wat niemand moet misloop nie. Dit is juis hierdie verskeidenheid wat so verteenwoordigend van ons samelewing is wat hierdie feesopvoering besonder maak.
Vir die jong klomp is daar die aantreklike manne van Hi-5 wat met hulle los lywe behoorlik kook. So van kook gepraat – dit is juis die groot motivering agter hierdie feesopvoering want Afrikaans Kook!
2005, die ATKV se feesjaar in Afrikaans oor Afrikaans en vir Afrikaans. Daarom is dit trots Afrikaans, trots in Afrikaans en trots Suid-Afrikaans!
Afrikiti is die vermaakbeen en is die gesig na die publiek. Afrikiti is ‘n negentig minute lange multi-media produksie met die doel om te vermaak.
Afrikiti spog met  Nina Swart, Solly Philander, Rina Hugo, Hi-5, Sibongile Mngoma, Lizelle le Roux (Eclips) en ‘n lewendige orkes.
“Die lekkerste Afrikaanse jol nog ooit. Dis die ATKV se Afrikiti! Kom lag vir Solly en Nina, verluister jou aan Rina Hugo en Sibongile Mngoma en vergaap jou aan die aantreklike manne van Hi-5. Om nie eens te praat van die lewendige orkes wat jou voete sal laat jeuk om in Afrikaans te rock en te makietie nie! Onthou, Afrikiti is hier op Saterdag 30 April tydens die Thabazimbi Expo.